found on www.fineartamerica.com (via Pinterest) |
Angelique staar deur traanbenewelde oë na
die pragtuin.
Die
dokter sê dat haar ma nie meer kan veg teen die VIRUS nie. Hy weet nie of sy
nog 'n nag sal maak nie ... Die HIV virus het haar ma se liggaam afgebreek.
Haar
oë rek verbaas toe sy die swart meisie hier reg voor haar sien staan. 'n
Pikante wese met wilde hare, skerp ore en sagte oë.
"Hoekom
huil jy?" Sy is kaalvoet.
Angelique
staar na die kind-vrou wat vanuit die nuut verskyn het.
"Ek
wil alleen wees."
Die
swart meisie kyk ernstig op in Angelique se oë. "Ek het net vir jou iets
gebring." Sy hou die toe vuisie uit na Angelique. "Toe jong, hou jou
hand!"
Angelique
maak haar hand oop en kyk verbaas hoe niks uit die swart handjie val nie.
" Ek hoop dit help! " En agter die pixie se rug maak twee groot geel
vlerke oop en sy vlieg weg.
Angelique
klik haar tong en hardloop na die huis.
"Kan
ek iets vir Mamma bring?"
Die
pragtige vrou in die bed glimlag liefdevol in haar dogter se oë. "Jy kan
my geselskap hou. Moenie huil nie my skat ..."
"Ek
haat Pappa! Ek haat hom!"
Die
vrou in die bed se oë rek verskrik. "Waarom?"
"Dit
is sy skuld! As dit nie vir hom was nie dan was Mamma nie nou siek nie! Ek haat
hom!"
Die
siek vrou beur orent net toe Angelique se pa by deur inkom. Die jongmeisie
swaai om en hardloop na buite.
"Wat
is fout ?" Hy probeer haar keer maar sy wriemel uit sy greep.
"Los
my! "
*
In die tuin, langs die
eendedammetjie wag die kind-vroutjie weer vir haar. Angelique sug vies.
"Wat soek jy nou weer? My ma is vandag begrawe!"
Die
meisietjie kom nader. "Hou jou hand."
Angelique
skud haar kop. "Ek het nie lus vir jou speletjies nie!"
Die
mensie glimlag. "Maak oop jou hand en kyk mooi ... "
Angelique
hou haar hand vir die kind-vrou. Haar oë rek.
"Wat
was dit?"
"Sonskyn,
goue sonskyn vir die donker dae! Almal het dit soms nodig, maar jy moet mooi
kyk om dit te sien! "
Angelique
staar oopmond na die vreemde wese.
"Ek
het maar vir jou bietjie ekstra gebring."
"Waarvan
praat jy?"
Sy
wriemel haar klein skouertjies. " Slegte goed gebeur met goeie mense - dit
is hoe jy dit hanteer wat saak maak!"
Angelique
sluk aan die knop in haar keel. "Sy het nie gekies nie- my pa het vir haar
gekies ..."
Sonskyn
trek haar skouertjies op en trippel haastig oor die grasperk, voordat haar
vlerke haar wegdra na wie weet waar.
Angelique
stap vasberade na haar pa se studeerkamer. Die deur is op 'n skrefie. Hy praat op die telefoon met iemand.
"Nee
Kaptein - ek is jammer. My vrou is vandag begrawe. Jul sloer al so lank met die
ondersoek na haar verkragting - ek het gedink dit het doodgeloop!"
Angelique
stoot die deur stadig oop toe hy die telefoon neersit.
"Angelique
...."
"Hoekom
het julle my nooit vertel nie?"
Stilte.
Sy
sien die traan op sy wimpers en neem sy
sterk hand in hare. "Hierso - iemand het dit nou net vir my gegee."
Sy
vou sy hand vinnig toe. "Moenie laat dit wegraak nie. Hou pa se hand so
bietjie toe."
"Wat
is dit?" Hy kyk verbaas na haar.
"Sonskyn
pappa, goue sonskyn vir donker dae."
Die
groot man sak snikkend op die leunstoel neer - hy kyk met nuwe oë die jong vrou
voor hom - die kind van die verkragter - en hy dank die Here wat nooit neem sonder
om te gee nie, vir die sonskyn wat sy in sy lewe bring ...
Net so mooi soos toe ek dit die eerste keer gelees het.
ReplyDelete