Monday, July 25, 2016

Die duiwel daag nooit op in 'n rooi mantel met 'n vurk nie ...

DeviantArt.
Artist: Anne Stokes


Die wind oor die see tel die skuim van die branders moeiteloos op en offer dit aan haar.  Die vrou op die strand, met die wit rok wat om haar lenige bene fladder.  Sproei-druppels strek hul sensueel uit oor haar sonbruin liggaam en die wind se vingers vleg gierig deur haar lang swart krulle, nadat dit die skuim nonchalant aan haar voete gelê het.
            Moeder Natuur donder haar jaloesie luidkeels oor die wye oseaan en stuur ‘n verblindende silwer weerligstraal na die aarde.
            Die meisie pluk haar hare uit die wind se liefkosing, swaai om en trippel ligvoets teen die nat duin op.  Sy verdwyn in die verweerde houthuisie met die blou hortjies wat skeef hang.
            Binne die snoesige hut knetter ‘n kaggelvuur vrolik teen die koue.  Op die houttafel staan ‘n besadigde antieke porselein teepot neffens ‘n baldadige koppie en piering.
            Sy stroop die nat klere in lui bewegings van haar liggaam af, draai ‘n sagte groen kombers om haar naaktheid en sak voor die kaggel neer, waar die oranje vlamme vergete wêrelde in haar oë weerkaats. 
            Met ‘n siel wat oud is en ‘n liggaam wat vibreer van jong lewenslus en soepelheid, staar die oë diep in die hart van die vuur.  Daar waar die verlede wedywer om by die hede oor te neem.
            ‘n Wrang glimlag sprei om haar mooi mond.
            Die duiwel daag nooit op in ‘n rooi mantel met ‘n skerp vurk in sy hand en ‘n weersinwekkende grynslag om sy mond nie. Hy kom, gekamoefleer as alles wat jy nog ooit begeer het…[1]
            Op daardie dag, toe alles begin het, was sy ook geklee in wit.  Haar siel was toe ook jonk, soos haar liggaam.  Die bries vanaf die see, daar ver onder haar vader se klipkasteel, het haar hare sagkuns liefkoos.  Die son het die punt van haar neus liefderik gesoen.  Sy was geliefd, gekoesterd en veilig.
            Dit was ‘n glorieryke dag, gemaak vir liefde, drome en wense.
            Totdat die soldate gekom het.
            Vreesaanjaende figure met streng gesigte en wrede hande.
            In haar knus huisie voor die vriendelike vuur sluit sy haar oë, probeer die drogbeelde verjaag.
            Tevergeefs. 
            Hul klouende hande trek die kleed van vergeet dramaties weg en ontbloot die hele tragiese tafereel meedoënloos.
*
Bebloed, bang en koud kruip sy uit vanonder die hoop seile op die hawe waar sy bevrees ingeskarrel het, nadat die laaste soldaat van haar afgeklim het.  Sy kan nog hul laggende stemme in die verte hoor.
            Sy kruip terug onder die seile en deins verskrik weg toe dit opgelig word.  Die laaste roospienk strale van die son probeer om die ouvroufiguur beur om die mooi jongvrou te streel.
            “Ek was gelukkig te lelik en te oud vir hulle.” Sy hou haar hand uit en die verinneweerde jongmeisie steek haar hand stadig uit na redding. In die redder se oë skyn ‘n selftevrede lig van genot en oorwinning oor haar lelikheid en oudheid.
            “Jy is nie die enigste een nie.  Baie het deurgeloop. Maar dit is die voorreg van die triomfantlike soldate. Kom saam met my.”
            Die ou vrou se huis is armoedig, maar skoon.  Sy gooi emmersvol water in die houtbalie en beduie vir Rose om in die lawende warm water te klim.  Sy voeg balmende olies en genesende kruie in die water waarin die mooi jong meisie, met die seer in haar oë, stadig wegsak.
            Die vrou se krakende stem voer haar mee na ‘n verbode wêreld van towerkrag en mag. Bo alles – MAG.  “So ek het gewens om oud en lelik te wees, maar wys. So beskerm ek myself al vir jare.”
            Rose se stem is sag.  “Ek sal wens dat ek vir ewig jonk en beeldskoon sal wees, om wraak te neem op elkeen van hulle en hul nageslagte …”  Dit is seer, vernedering en verlore onskuld wat praat.  Maar die duiwel se handlangers tref nie onderskeid nie.
*
‘n Stuk droë hout knars in die kaggel en Rose maak haar ou oë moeisaam oop.  Dit was vyfhonderd-twee-en-dertig jaar en drie maande gelede.  Môre sal sy haar  Vyfhonderd-drie-en-dertigste verjaardig vier.  En die duiwel grynslag. Hy het presies gegee waarvoor sy gevra het.
            Sy staan moeisaam op en laat val die sagte groen kombers op die grond.  Haar slanke vingers reik na ‘n elegante liggeel rok, oor die ruglening van ‘n stoel.  Daar is niks wat sy nie gesien het, ervaar het of oorleef het nie.  Oorloë, dood, siekte en skande.  Haar liggaam toon geen letsel van haar buitengewone lewensreis nie.
            Sy rol haar hare in ‘n los styl in haar nek (bekwaamheid wat net deur tyd vervolmaak is) en trek die deur van die houthut agter haar toe, toe die son se vingers die mistige wolke op ‘n hoop agter die see jaag en sy haar vriendelike strale voel-voel oor die sand steek.
           
In die klein dorpie, aan die voet van die berg, stap sy stadig met die klippaadjie, wat tussen die huisies kronkel.  Haar hande, met bloed en dood bevlek, hang ontspanne langs haar sy.
            “Goeiemôre!”
            Sy kyk op. 
            Hy is aantreklik. Jonk, soos sy ook eens was, met ‘n oop seunsglimlag en sagte oë. Sy siel is skoon, want deur die vensters in sy gesig kan sy dit sien.
            Sy gaan staan stil en staar ingedagte na die Priester.
            Hy kom nader.  “Ek het jou al ‘n paar keer doelloos in die strate sien dwaal. Altyd alleen. Mag ek ‘n entjie saam met jou stap?”
            Sy draai haar kop skeef en laat haar oë fronsend oor die man met die rein siel dwaal. “Hoekom?”
            Hy trek sy skouers op.  “Want jy het my nodig.”
            Sy knik.
            Hulle stap.
            Oor haar lippe tuimel die woorde van vyfhonderd jaar se geheimenisse moeiteloos.
            Aan die einde van die kronkelpad van woorde doem die kerkie se verweerde houtdeur voor hulle op.  Hy maak dit woordeloos oop en nooi haar binne.
            Voor die altaar, onder die skildery van Jesus se kruisiging, brand ‘n eensame kers, die vlammetjie fladderend in die wind vanaf die oop deur.
            Sy lig haar kop na die gesig van die man in die skildery. Die priester volg haar oë. Sy stem is balsemend.  “Hy het een keer vir ‘n vrou gesê dat haar geloof haar gered het.”
            Sy knik, want ‘n ou siel verstaan heelwat meer geredelik as ‘n jong een.  Haar stem is egter doods.  “Selfs nie eens geloof kan die duiwel se handlangers red nie.” Sy draai weg van die Redder op die Kruis en stap na die sonskyn, buite die kerk.
            Die priester se sagte stem sweef op die kalmte van die gewyde gebou na haar, voordat sy nog haar voet oor drumpel, in die sonskyn kan neersit.  “Die duiwel was eens ‘n Engel.”
Sy draai terug na die rein siel.  “Ek was ook eens onskuldig.”
“ Jesus het die dood oorwin. Vir Hom is niks ontmoontlik nie.” Hy steek sy hande na haar uit.  “As jy maar net glo.”
“Ek weet nie hoe nie…”
“Dan is jy verlore.”
“Ek is al vir vyfhonderd-twee-en-dertig jaar verlore Priester.”
“Hy KAN jou red.”
Sy draai haar rug op hom, steek haar hande weg in die sagte voue van haar songeel rok.  “Weet jy dat ek vir ‘n paar jaar ‘n prostituut en kampvolger was van daardie soldate wat my misbruik het?  Ek het in daardie tyd wraak geneem – elke een van hulle is gedood met my eie hande.” Sy lig haar hande uit die beskerming van die rokvoue, asof sy die bloed daarop vir hom wil wys.  Sy selff kyk verslae na haar skoon, slanke hande.  “Voor dit was ek ‘n prinses. Vandag is ek ‘n gemartelde, verlore siel. ‘n Niemand.”
Die priester neem haar hande sagkuns in syne.  “Niemand is ‘n niemand nie. Nie in Sy oë nie.  Hy sal jou red, as jy net glo…”
“As ek maar net kan glo…”
Hy draai om en tel iets op die tafeltjie, wat in skadu gehul is, agter hom op.  Hy hou dit uit na haar.
Haar slanke vingers vou om die verweerde leeromslag van dei boek.  Sy kyk vraend op na die man van God.  Dalk selfs ‘n engel.
“Dit is ‘n bybel, wat net so bietjie jonger as jy is.  Kan jy Grieks lees?”
Sy glimlag wrang.  “En Latyn, Frans, Engels …”
Hy vou sy hande oor hare wat die antieke boek van Wysheid vashou.  “Gaan lees dit. Ek bid vir jou.”  Hy draai om en verdwyn in die skemer van die kerk.
Buite het die wolke weer voor die son in beweeg. Teen die tyd dat sy by haar huisie agter die duin kom, het die ligte somersreën haar behoorlik deurdrenk.  Sy sit die boekie nadenkend langs die koppie en teepot neer.
Minute later, droog aangetrek en toegewikkel in die kombers, voor die kaggel, sak sy neer met die Griekse Bybel.  In die kerk sak die priester op sy knieë voor die altaar neer.  Sy hande reik krampagtig na sy gesig.  “Vyfhonderd jaar terug was ek een van daardie soldate. Here red haar asseblief.”
*
Sy snak in verwondering na haar asem toe Sy hande haar liefderik, sonder verwyt, verwelkom in Sy vesting.
            “Jou geloof het jou gered.”
            Sy glimlag stralend en vyfhonderd-drie-en-dertig jaar se siellose, klakkelose bestaan val soos ou vodde van haar slanke liggaam.  Sy sit haar hande oor mekaar op haar bors en voel hoe haar siel vlerke kry.
            Vandag is die eerste dag van haar nuwe lewe.
*
Die seun stamp die kerkie se deur oop.  Die priester kom vinnig nader.
            “Wat is dit Gregor?”
            “Daai meisie in die hut op die strand.  Sy is dood!”
            Die priester begin hardloop.
            Op die strand, sak hy snikkend neer langs die lewelose lyk van die vrou. Krampagtig in haar hande vasgeklem is ‘n verslete Griekse bybel.  Hy vee die nat slierte hare weg en druk haar starende oë sagkuns toe. Van ver, oor horisonne, wolke en grasvelde sweef die stem waarvoor hy wag.  “Haar geloof het haar gered.”
            Hy laat sy liggaam ontspan, onbewus van die nuuskierige dorpinwoners wat stadigaan begin saamdrom.  Sy het haarself vir die see gegee en die magtige oseaan het haar uitgespoeg.  Hy kom stadig orent en tel haar op.
            Dit is hoe die priester die kerkie binnestap.  Met die lewelose liggaam van die vrou in sy arms.  Hy lê haar op die altaar onder Jesus se wakende oog neer.
            Dit is waar die polisie haar vind.
            Die priester is nooit weer gesien nie.


           









[1] Hierdie paragraaf, effens gewysig, is bekom vanaf ‘n anonieme skrywer.  Die paragraaf is uitgegee as ‘n “writing prompt”.

Tuesday, June 21, 2016

VREDE

www.londongreeneafrica.com
(From a book depicting scenes from the Anglo Boer War)

"Solitudinem faciunt, pacem appellant."
(Hulle skep 'n woesteny en noem dit vrede.)
Cornelius Tacitus (c. 55 - c.120 n.C.)
Agricola

Die Afrika-hemel se ysblou kontrasteer skerp met die gloeiende goue bal van die son, wat met matelose hel neerbrand op die groepie krygers in die dorre veld.  Die vertrapte plante smag na reën om te groei, die soldate om die dood af te was, wat in vuil bloedspore oor hul gesigte en in rou smart in hul harte skommel.
            Die leier op sy uitgeteerde merrie kyk strak op na die genadelose hemel.  Geen wolk is in sig om verligting te bring op hierdie warm somersdag, in ‘n oorlog om stof so gloeiend en geel soos die genadelose son, nie. 
            Goud.
            Oorlog.
            Mag.
            Hy vee sy gesig met ‘n vuil sakdoek af.  “Kom manne.  Ons moet die rivier voor vanaand bereik. Ons kan daar kamp maak.”  Die perde lig hul swaar hoewe teësinnig.  Onder die Afrika-son beweeg die bedremmelde groepie ruiters sloom oor die bar landskap, terwyl daar in die kamp, nie ver van hulle nie, ‘n beteurde ry vroue en kinders stap terwyl die klanke van hul droefgeestige lied teen die klipkoppie vasslaan. 
            Tussen ander getimmerde, skewe en verrotte houtkruise is ‘n ou man besig om ‘n graf uit die klipperige landskap te kap.
            Nog ‘n graf.
            Nog ‘n sterfte.
            Nog ‘n offer aan goud en mag.
            Net ‘n kind.  Haar gewig niks meer as haar ouderdom nie.
            Die vrou wat voor stap val gillend, met hande opgehef na die hemel.  Haar hartseer te groot vir een snik of enkele trane.  Sy wil haar verlies uitkots, skree of in bloed krap.
            In my kop klink die refrein van Jesus se woorde: “My God! My God! Waarom het u my verlaat?”  Sy het nag na nag met die kind in haar arms gesit, gebukkend in ‘n dun tent, met een bed en na die roggelende hoesgeluide geluister, totdat dit een oggend stil geraak het, saam met die dun asempie en die lewenslig in die ogies.
            Net ‘n kind.
            Die warm grond val met dowwe finaliteit op die liggaampie, toegebind in ‘n verslete wit laken.  Die emosioneel vernielde vrou se rou snikke komponeer ‘n droefgeestige lied in harmonie met die grond en graaf wat meëdoenloos haar kind vir ewig begrawe – onder vreemde grond, ver van hul familieplaas. Onder ‘n son wat nie meer goedhartig neerkyk op die Boere nie.
            My God! My God! Waarom het U hulle verlaat?
            Ek swaai my perd weg van my uitkykpos op die koppie.  Ek wil nie meer die groep bittereinders sien nie.
            Ek wil nie die vrou se hartseer proe op die sanderige wind wat sy klaende stem toevoeg tot die melancholiese lied daar onder nie.
            Ek wil op my plaas wees, saam met my vrou en my kind.
            My perd drentel doelloos teen die klipkoppie af na benede, waar die Kakie vir my wag.  Die toue om my gewrigte skuur vel en vleis rou.
            Rooi.
            So anders as goud.
            Bloed vir goud.
            Ek word hardhandig afgehelp en staangemaak teen die skelwit muur van ‘n verlate stal.  Iemand het teen die muur met swart uitgekrap – Johnny was hier.
            Ek slaan my oë op na die Hemel. Waar sal my hulp vandaan kom?
            Ek wonder of iemand ook gehuil het langs my vrou en kind se graf.  In die verte trek ‘n swart rookwolk op in die lig.
            Nog ‘n opstal sneuwel onder die verskroeide aarde beleid van Lord Kitchener. ‘n Grootse man, sê die Britte. 
            ‘n Land in rou.
            Die eerste koeël van die fusillade tref my bobeen.  Die pyn is uitmergelend en ek struikel.  Genadiglik is dit my laaste sinvolle gedagte.

“Iemand is nounet gefusilleer.”  Die jong seun trap-trap rond in die stof voor hul tent.  Die vrou lig haar groen oë na die kind, haar enigste.
            “’n Rebel? Verraaier?”
            “Net’n Boer.”

Hy lê met sy oë starend na die hemel, sy lippe vertrek in ‘n ewige grynslag van pyn en verlies.
            Die vrou en seun, saam met ander kampinwoners, probeer verby stap sonder om hom te sien, om hul gehawende rantsoene te gaan opeis.
            En dan val die goue geel van die son uit die hemel en breek in splinters van glas om die vrou en kind.  “Pa…?” Sy gryp haar kind vas en draai haar oë na die afgryslike toneel.  Sy pluk haar kind weg van die starende gelaat van dit wat eens sy trotse pa en held was.
            Haar bene gee in onder haar en sy val stil op die grond langs die Boer neer, haar seun in haar arms.  Haar oë is droog. Haar hart ‘n stuk klip in haar bors. In sy baadjiesak die skrywe wat meedeel dat sy vrou en kind gesterf het in ‘n kamp.
            ‘n Leuen om hom uit te lok.
            ‘n Baasspioen. ‘n Doring in die vyand se vlees.
            Iemand dra die vrou na haar tent.
            Die kind sit verslae langs sy moeder.
            ‘n Dag later is die oorlog verby met die Vrede van Vereniging.
            Vrede.
            Stilte om uitgebrande huise en vrekgemaakte diere.
            Stilte in halfleeg kampe waar enkeles wag op vervoer terug na hul wonings, waarvan die mure nou in stil swart vingers die lig insteek, smekend na genade.
            Stilte op die vlaktes na gewere en liddiet bomme neergelê is.
            Stilte van stemme wat nooit weer sal praat nie.
            Dit is die einde van die oorlog.
            Vrede.
           

            

Friday, April 8, 2016

WHO IS THE ENEMY?

www.invisiblewoundfoundation.co.uk

It was silent in the bush.  As silent as it can be in the African Bush, where a war was raging. The silent walk of death could be heard loudly - it was there in the body of the nineteen-year-old boy with a fissure in his stomach, the mismatched, scattered shoes and the radio in tatters.  That radio, their salvation - shot to pieces by the enemy.

But who is the enemy? This is surely a matter of perspective. The definition of who the enemy is can be found in lies, half-truths and pre-supposed beliefs. Political words charged with emotion and fed to the people for breakfast, lunch and dinner, so that they would send their beloved children to war, with a smile on their faces and a proud pat on their backs. 

Generals with shiny medals, decorous uniforms and broken hearts, minds and souls will walk the earth afterward - hand in hand with the surviving soldiers, without medals, but similarly with broken hearts, minds and souls.  And in the end they all possess a second shadow - that of their lost comrades (fellow soldiers, wifes and children), who will forever be a presence at their shoulder and in their broken souls.  Dead eyes, begging to be saved - decisions to be regretted, re-evaluated after the bloody combat,  when leaves and body parts are scattered under the trees, as if a hailstorm devastated the fighting terrain. But alas, it was not a vis major - it was merely another fight in a big war. We lost only two soldiers, five wounded. It was the enemy who caused this havoc. Or was it? And what if one of the lost soldiers were your father, brother, husband or boyfriend?

But who is the enemy?

Is our side not also the enemy to the other side? Do they not also send their children with a proud smile and a pat on their backs to a war that has been rationalized by provocative propaganda and emotionally charged words?  Does their nineteen-year-old boy not also lie beneath a tree in Africa,  with a hole in his stomach and questions in his eyes? 

Yet - this is the way of the world, and it has been the same since time began.

Wars are fought by politicians in boardrooms, which will eventually spill over to the bush, desert or other god-forsaken terrain where the sound of death will silently stalk  the proud soldiers with their broken souls and impeccable training.  In the boardrooms the Leaders of the Nation will shake hands on their victory.  While the soldiers will have their medals and memories - and the shadows of comrades proudly offered to the demon god called Victory. The enemy has lost. We are the victors.

But are we really?

And who is the Enemy?

Does it matter? 

Patriotism, or the protection of a country's borders or freedom is a matter of ideology and there will always be proud, brave and fierce soldiers who will unselfishly step forward and take up arms on behalf of those who cannot or will not.

We salute you, the soldiers.

(A special word of thanks to the soldier who shared some of his stories with me. You know who you are.)
Cuban soldier, Angolan War 1980's (not sure of origin)
Might also have been a propaganda tool.
































www.fuckyeavintagewarfare.co.uk
South African soldiers in Egypt, Second World War
























www.americabymotorcycle.tumblr.com
Boer guerilla fighters during Anglo Boer War, South Africa























This picture was in all probability merely
 taken for propaganda purposes.