Friday, March 20, 2015

VERRAAD

My new short story bundle is now available on www.kindlebooks.co.za.  It will also be avaible on Amazon later as well as the new e-reads website as soon as it is ready.

This book was born when I did research for a novel set against the background of the Anglo Boer War.  I stumbled upon so many interesting characters, stories and events that it was and is impossible to include all of it in one novel.

Die bundel bestaan uit vier verhale, wat in essensie veel langer as ‘n standaard kortverhaal is, maar baie korter as ‘n roman is.  Dit is lekkerlees verhale uit die Anglo-Boereoorlog, wat gebore is uit navorsing vir ‘n roman wat teen die agtergrond van dié oorlog afspeel.

Die eerste verhaal, wat ook dieselfde titel as die bundel het, is gebaseer op ‘n ware verhaal van waagmoed en heldedade deur ‘n jong seun tydens die oorlog.  Getrou aan die titel, speel verraad ‘n wesenlike en verrassende rol in die verhaal wat die leser aan die hart sal ruk en maande na die lees daarvan nog sal laat wonder oor die storie agter die storie.

Die derde verhaal, getiteld “DIE WIT ROOS” was aanvanklik vir ‘n skryfskool geskryf deur die outeur as ‘n spookverhaal.  Die verhaal se samestelling is in essensie heeltemal verskillend van die ander drie verhale met besonderse verwysing na oogpunt waaruit die storie vertel word asook die lengte.  Baie word gesê met min woorde.

Die tweede en vierde verhale, onderskeidelik getiteld “DIT IS NIE NET SOLDATE WAT OORLOG TOE GAAN NIE” en  “ILLUSIE VAN VERRAAD”  is losweg gebaseer op verskeie brokkies inligting bekom tydens navorsing wat saamgeflans is in twee verhale en gedramatiseer is vir die leser se genot.  Dit het ‘n sterk romantiese inslag en gee ‘n unieke blik op hoe die lewens van die gewone mens op verskeie vlakke deur die oorlog beïnvloed is. 

“DIT IS NIE NET SOLDATE WAT OORLOG TOE GAAN NIE” speel gedeeltelik af in ‘n konsentrasiekamp en vertel die verhaal van die beeldskone boeremeisie, Cornelia se liefde vir ‘n Engelsman en ‘n Boer.  Getrou aan die titel van die bundel, is verraad ook ‘n sentrale tema in die verhaal.  Wie sal aan die einde van die oorlog Cornelia se hart wen – en wie sal nie die einde van die oorlog sien nie?


“ILLUSIE VAN VERRAAD”  speel in die Noord Kaap (Rebelle wêreld) af en sentreer rondom die verhaal van Isabella, die Afrikanermeisie wie se vader en broer rebelle is en die inslag wat dit in haar lewe het.  Sy verloor haar hart op ‘n man – maar is hy spioen, verraaier of rebel?  En wie sal die oorlog oorleef? Die spioen, verraaier of rebel?

No comments:

Post a Comment