Bevryding
“Wat kan ons doen as om stil te wees, bitter te swyg en wag, stom, op die
wraak van ons broers wat moet kom?”
N.P Van Wyk Louw, “Die Halwe
Kring”
1937
Op 6 Junie 1944, maande later, bevry die
Amerikaanse magte die klein Franse kusdorpie, Ste Mere Eglise. D-dag se eerste sukses! Geneviéve kyk met
gemengde gevoelens na die gewonde soldate wat in rye verby haar stroom.
Die Amerikaanse soldate wat
agtergelaat word om kommunikasielyne te herstel en die dorp te beset word op
die hande gedra deur die plaaslike bevolking.
Dit blyk dat hul bevelvoerder gewapen gekom het
met volledige kennis van Geneviéve se rol as spioen en hoewel baie van die
dorpsmense haar steeds op ‘n afstand hou, het sy minstens enkele grade in
aansien gestyg. Steeds ‘n hoer, maar ten minste ‘n patriotiese een...
Sy is haastig om terug te keer
na Arromanches en Pierre, maar hulle wil
haar nie toelaat om te reis, voordat die hele area nie beveilg is nie en al die
troepe nie geland het nie. Daar is, is
sy meegedeel, vyf strande wat beveilig moet word, vanwaar die geallieerde
troepe na die binneland moet ontplooi. Dit beloof ‘n bloedige geveg te wees wat
voorlê.
‘n Groot getal van die Duitse
troepe het teruggeval na die binneland toe dit duidelik word dat die
Geallieerde troepe die oorhand kry in St. Mere Eglise. Een van die offisiere wat sy pos tot op die
laaste beman het, is Dieter, met die gevolg dat hy haar nou as krygsgevangene
van langs ‘n Willy’s Jeep moet groet.
"Jy is waarskynlik een
van die mense wat meegewerk het om ons val te bewerkstellig, maar ek was nie
vir een oomblik spyt dat ek jou by my gehad het die laaste jaar nie. En ek sal
ook nooit wees nie."
Sy sluk aan die knop in haar
keel. “En ek sal jou ewig dankbaar bly dat jy my van gewisse dood, of veel
erger ... gered het, Dieter. Dankie.”
Met 'n melancholiese glimlag
om sy lippe haal hy ‘n eenvoudige goue troupand uit sy sak en steek dit stadig
aan sy ringvinger. “So het ons almal
maar ons geheime.”
Geneviéve se oë rek geskok. “Dieter...!”
Hoe kon hy dit aan sy vrou doen ?
Dieter glimlag hartseer toe hy
die skok op haar gelaat vertolk. " Sy sal, natuurlik, nooit weet nie. Dit
is nou deel van die verlede .... 'n Verlede wat die toekoms, vir my,
onherroeplik verander het." Hy sit
sy hand sag op haar wang. “Jy sien Geneviéve, toe ek jou daardie dag na my
kamer geneem het, het ek dit sonder enige voorbedagte rade of beplanning
gedoen. Ek kon net nie toelaat dat jy
nog ‘n slagoffer van die Gestapo rampokkers word nie. Maar ek het nooit ooit voorsien dat ek ...
dat ek my hart op jou gaan verloor nie. Ek is lief vir jou Geneviéve, en ek sal
altyd wees.”
Trane
loop nou skaamteloos oor haar wange. Sy
leun oor en soen hom sag op sy mond. "Vir ons is die oorlog nou amper verby.
Wees goed vir jou vrou ... soos jy vir
my was ... Ek wens ... ek wens ek kon vir jou sê dat ek jou ook liefgekry het,
soos wat jy my liefhet, maar ek kan nie, Dieter. ‘n Donkerkop man het met my hart saamgeneem
toe hy Frankryk verlaat het. Hy was ‘n SOE agent wat vir ses maande in Arromanches gestasioneer was."
Dit is die eerste keer dat hulle enige
persoonlke inligting uit hul verlede met mekaar deel.
Die Duitser klim in die wagtende voertuig. Hy lig sy hand stadig en salueer informeel
toe die Willy’s Jeep begin beweeg. Die
lawaai en stof omvou hom en sy bewaarders.
Sy weet nie hoe lank sy daar
gestaan het nie. Nat traanspore op haar
wange. Uit 'n nabygeleë huis kom die
vrolike klanke van musiek en gelag. Glasies wat klink.
Sy draai verwese om en stap na
die huis wat sy met Dieter gedeel het. 'n Franse meisie verdwyn laggend in een
van die kamers saam met 'n Amerikaanse soldaat.
Is sy beter as ek? Ten
minste slaap sy nie saam met die vyand nie . Die Amerikaanse soldaat is maar net nog 'n man
... Sy klap die deur van
die kamer toe. 'n Slet is 'n slet. 'n Man bly 'n man ... Duitser of
Amerikaans ... of Suid Afrikaans ... Sy huil haarself aan die slaap.
‘n Maand later stap sy haar huisie met gemengde gevoelens binne wat
deur Pierre in stand gehou is in haar afwesigheid. Hy oorhandig die foto wat
Conrad vir haar gelaat het sonder ommehaal van woorde.
En die lewe keer stadig terug
na normaal. Haar gedagtes wentel om maniere om Conrad te kontak, hom op te
spoor. Die man wat sy korter geken het as vir Dieter en op wie sy haar hart
verloor het. Onherroeplik, soos die
verlede. Sy bêre sy foto versigtig in haar Bybel.
'n Week later bevestig die
plaaslike geneesheer haar vermoede. Sy
is swanger.
So
het haar en Dieter se verlede saam ook haar
toekoms onherroeplik verander... En sy neem Conrad se foto en plaas
dit in ‘n kartondosie met ‘n rooi lint wat daardie deel van haar verlede
wegsluit.
Op
die dag wat Die Baba gebore word reën dit sag en aanhoudend buite. Die baba het
Dieter se oë, Dieter se blonde hare en Dieter se mond. Sy noem die seuntjie Conrad ...
Deel 6 - Die Weersiens ...
No comments:
Post a Comment